STILBAAI NUUS - Een van die Stilbaai se baasbaksters se hande het stil geword.
Alta Hands (58) is op 15 Desember na 'n stryd van vier jaar aan kanker oorlede.
Volgens past. Jan Kleynhans van die AGS Lofdal-gemeente op die dorp het sy steeds ten spyte van baie pyn en ongemak haar besigheid van die huis af bedryf: "Haar beskuit, spesiale koeke en veral terte was die beste."
Haar begrafnisdiens sal Vrydag 20 Desember om 11:00 vanuit die plaaslike AGS gemeente plaasvind. Sy word deur haar 92-jarige moeder, twee susters, haar man Peet, twee seuns, 'n dogter en vyf kleinkinders oorleef.
'Ons bring jou die nuutste Stilbaai, Hessequa nuus'