STILBAAI NUUS - Dr Leunis van Rooyen, geregistreerde spesialis heelheidsberader, met 'n doktorsgraad in Natuurlike Medisyne praat in Stilbaai.
Dit handel oor 'n holistiese gesondheidsbenadering deur die aanspreek van verskillende gesondheidskwessies.
Hierdie heerlike gratis oggend in samewerking met Kosmos Natuurlike Gesondheidsprodukte begin om 10:00 Dinsdagoggend 30 April in Die Waenhuis by Jagersbosch Gemeenskap Dienssentrum.
Almal is hartlik welkom, maar kom vroeg as jy verseker wil wees van 'n plek.
Jagersbosch Gemeenskap Dienssentrum is daar vir almal.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’