Die vieringe vervang die vorige Civvy's dag, maar maak deel uit van die ontgroeningsdag waar nuwelinge, veral graad 8-leerders tot die skool 'amptelik' toegelaat word.
Dié keer is al die leerders betrek waar hulle in informele kleredrag van alle modes gedans, gesing en ander prettige items gelewer het deur van die vindingryke leerders, wat die dag onvergeetlik gemaak het.

Twee graad 8-leerders wys hoe dit gedoen moet word op die dansvloer. Inlas: Dit blyk asof Nelson Nicholls nie in sy ouers se voetspore wil volg nie en dit oorweeg om by die sirkus aan te sluit.

Fernell Pretorius (regs), graad 12-leerder, wys bietjie been terwyl hy en sy maat, Alvin Cronjé, poseer vir die kamera.
FOTO'S: CLIVE PRETORIUS
'Ons bring jou die nuutste Heidelberg, Hessequa nuus'