In Suid-Afrika affekteer kolorektale kanker mense van beide geslagte in alle etniese groepe. En aanduidings is ook dat dit aan die toeneem is.
Enige persoon kan kolorektale kanker kry, maar die risiko is veel groter as: Jy hoë-vet, veselarm voedsel eet; Jy weekliks meer as 70g verbrande rooivleis of braaivleis eet; Jy dikwels ingewande ontsteking kry; Jy nie gereeld oefen nie; Jy ouer as 50 is en ‘n familie geskiedenis van kolorektale kanker het, veral onder naasbestaandes.
Waarskuwingstekens kan onder andere anale bloeding, bloed in jou stoelgang, veranderde ontlasting, buikpyn, oormatige buikswelling, onverklaarbare moegheid, asook onverklaarbare gewigsverlies wees. Waarskuwingstekens moet nie geïgnoreer word nie en mediese raad moet sonder versuim ingewin word.
Moontlike oorsake van kolorektale kanker: Daar word voortdurend navorsing gedoen om die oorsake van die siekte te bepaal. Terwyl meer as ‘n kwart van gevalle van kolonkanker aan genetiese faktore toegeskryf kan word, is ander moontlike oorsake voorkombaar: swak eetgewoontes, rook, oorgewig, hoë verbruik van braaivleis en verbrande rooivleis.Kansa in samewerking met Pathcare en Ampath bied gedurende Maart en April 2011 weer die publiek die geleentheid om ‘n kolonkanker siftingstoets teen ‘n verminderde fooi van R70 te laat doen. Veral persone ouer as 50 en persone wat met enige van die waarskuwingstekens identifiseer word aangemoedig om van hierdie geleentheid gebruik te maak. Houertjies vir klein stoelgangmonsters kan by die volgende punte afgehaal word en moet gedurende Maart tot einde April na die onderskeie punte, saam met die bedrag van R70 teruggeneem word.
Die volgende punte buite Mosselbaai is gereël:
- Heidelberg Kliniek; kontakpersoon - sr. Desire van Deventer - 028 722 1441;
- Riversdal PGS-kliniek; kontakpersoon - Sr. Dina-Marie Dwyer - 028 713 8600; sr. Helga Le Roux 073 3432137; Spreekkamers - Dr. Kapp; kontakpersoon - Rina Kapp 028 713 2500;
- Stilbaai Jagersbosch; kontakpersoon - Sr. Jacqui Botha 028 754 1381 / 082 879 5013;
- Albertinia Spreekkamers - Dr. Botha; 028 735 1942.
Terugvoer oor die uitslag van die toetse sal deur Kansa aan die individu gegee word. Vir meer inligting kontak gerus vir Engela van der Merwe 044 874 4824 of Anina Meiring 044 272 2724.