Video
HESSEQUA NUUSFLITS EN VIDEO - Hoe gebeur dit dat jong kinders met dwelms betrokke raak? Dié streek is die afgelope paar jaar pal in die koerant met artikels oor dwelmhandelaars, of persone wat gearresteer is omdat hulle dwelms in hul besit gehad het.
Joernalis San-Marié Cronjé het ’n onderhoud met Tonia Richards (18) gevoer wat reeds op 11-jarige ouderdom dagga begin rook het. Sy is vroeg vanjaar tot drie jaar korrektiewe diens gevonnis vir handeldryf in dwelms.
Dié jong meisie gebruik reeds die afgelope agt maande geen dwelms nie en is vas van voornemens om haar lewe te verander en haar skoolloopbaan, wat sy in graad 8 opgeskop het, te voltooi.
Enigiemand wat bereid is om hierdie droom van haar te help verwesenlik, kan haar suster by 061 763 0385 kontak.
Kyk 'n video hieronder.
Lees meer in Suid-Kaap Forum, asook aanlyn.
'Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus'