RIVERSDAL NUUS - Die heropening van die motorregistrasiekantoor op Riversdal sal op Vrydag, 14 Augustus plaasvind en nie op 13 Augustus soos in die aanvanklike munispale mediaverklaring vermeld is nie.
Openbare betrekkinge-beampte Didi Budricks vra om verskoning vir die oorsig.
Die kantoor is tans as gevolg van ‘n personeeltekort na ‘n Covid-19 voorval gesluit.
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'