Gallery Update Video
HEIDELBERG NUUS & VIDEO - Dit is nie net pampoene wat jaarliks groter word nie, maar die Groot Pampoenfees ook en Suid-Kaap Forum was vanjaar die trotse media borg.
Jacob du Plessis van Vyeboom op Villiersdorp is as die kampioen van die 9de Heidelberg Groot Pampoenfees op Saterdag 9 Maart gekroon.
Dié wenpampoen het die skaal op 601,8 kg laat kreun. Almal het vir 'n oomblik gedink dat dit die nuwe Suid-Afrikaanse rekord is, maar Peet Joubert van Gauteng se pampoen het dieselfde oggend die rekord met 613 kg verseker.
Piet Lotz, 'n boer van Riversdal, se pampoen het verlede jaar met 532,4 kg gewen. Vanjaar is hy tweede en sy vrou Elizna derde. Sy pampoen het 510 kg geweeg en haar pampoen 460,8 kg.
Du Plessis het gesê: "Ek is onbeskryflik opgewonde en baie bly oor die toekenning. My voorbereiding het reeds verlede jaar begin. Die pampoen is vanoggend eers geoes. Ons het by ons laerskool op Villiersdorp ook so 'n kompetisie en dit het 'n passie vir my geword."
Du Plessis ontvang die titel van pampoenkampioen sowel as R17 500. Lotz wen R8 000 en sy vrou R4 000.
Potjiekos het weer aandag geniet en die wenner het 'n heel lam gewen. Verskillende sakeondernemings in die dorp het aan die potjiekoskompetisie deelgeneem. Onder hulle was die Rooi Pot Restaurant se eienaars Mona Once en Erina Cordier. Die hoofbestanddele in hul lamspotjie? Pampoen, lemoen en tiemie… Lalagen Esterhuizen se kerriepot met pampoenslaai en vetkoekies was die wenner. Phillip Muller is tweede en Anna Jackson derde.
Dié fees groei jaarliks en is elke keer meer suksesvol as die vorige jaar. Bok van Blerk het Vrydagaand 8 Maart opgetree en feesgangers in ekstase gehad toe hy die bekende, Wys my jou lemoene en jou boerpampoene, liedjie gesing het. Na groot reën was organiseerders gelukkig om op Saterdag 'n heerlike sonskyndag te hê. Besoekers het van sover as Secunda en Bethal in Mpumalanga na die fees gestroom om die besonderse en uiters groot pampoene te aanskou. Kyk op ons sportblad vir uitslae van die fietswedren en veldwedloop.
Die paviljoen is toegepak terwyl pampoene geweeg is. Die mooiste, lelikste en natuurlik swaarste pampoene is gekroon. Deelnemers wie se pampoene tot en met 'n 15de plek 'n plasing behaal het, het 'n prys gewen.
Lootjies is verkoop sodat die gewig van 'n uitgesoekte pampoen geskat kon word. Dié geld is aan Huis Zenobia du Toit geskenk. Piet Lotz, wat verlede jaar die prys vir die grootste en swaarste pampoen gewen het, het vanjaar tweede geëindig. Tientalle stalletjies het eet- en drinkgoed en allerhande snuisterye verkoop. Onder die interessante uitstallings was Heleen Maritz van Hartenbos wat organiese heuning in talle geure te koop aangebied het, en Liz Eglington van Blue Sky Organics van Vanwyksdorp wat organiese olywe en olyfprodukte verkoop het.
Luukse tente, wat deur Ryno Wade van You2Camp op die skouterrein opgeslaan is, was 'n nuwigheid op die fees. Etienne en Tharina Visser van Caledon se tent wat binne vier minute opgeblaas kan word, het ook baie belangstelling ontlok.
Jacob du Plessis, from Vyeboom in Villiersdorp, was crowned the 2019 champion at the 9th Giant Pumpkin Festival in Heidelberg this weekend with a pumpkin weighing in at an astonishing 601,8kg.
His monster pumpkin was just short of the South African record of 613kg, held by Peet Joubert.
Second and third place went to husband and wife duo, Piet and Elizna Lotz from Riversdale, with pumpkins weighing 510,6kg and 460,8kg respectively.
Besides the sought-after title of Champion of the 2019 Giant Pumpkin Competition, Du Plessis also received R17 500 in cash.
Second and third place received R8 000 and R4 000 respectively. Prize money was sponsored by Shoprite and Checkers and additional prizes were also awarded for the prettiest and ugliest pumpkins.
Watch a video hereunder:
'We bring you the latest Heidelberg, Hessequa news'