HESSEQUA NUUS - Indien jy onder die indruk was dat jy nie ‘n held kan wees nie, het die Wes-Kaap Bloeddiens goeie nuus: Jy kan deur slegs bloed te skenk!
Indien jy tussen die ouderdom van 16 en 75 jaar oud is, 50kg of meer weeg, ‘n algemene goeie gesondheid handhaaf en 'n veilige seksuele leefstyl lei, behoort jy te kan bloed skenk.
Riversdallers het geleentheid om hul deel vir hul naaste te doen op Donderdag 6 Oktober.
Die bloeddienskliniek sal tussen 14:00 - 18:45 in die Thusong-sentrum aangebied word.
Skakel 044 874 2074 vir enige navrae.
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'