TUINROETE | KAROO NUUS - Group Editors ondersteun die Woordeboek van die Afrikaanse Taal (WAT) se Woord van die Week-inisiatief.
Om 'n woord te borg, besoek www.wat.co.za
- skobbejak (skob-be-jak) s.nw., skobbejakke.
Selde ook skurwejak. Skurk, of oneerbare, ongemanierde, niksbeduidende persoon: Hy is die wêreld se grootste Don Juan --- en sy onbeskofste skobbejak (A.P. Brink: Pot-pourri, 1962, 12). Julle ... laat julle aan julle neuse rondlei deur 'n skobbejak (K. Myburgh: Branding, 1970, 38). - (histories) Krygsuitrusting wat bestaan uit 'n kledingstuk wat met harde, beskermende skubbe of soortgelyke voorwerpe bedek is om weerstand teen verskeie wapens te bied.
'Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus'