HEIDELBERG NUUS - Heidelberg en omgewing het ook nie die stormwind vrygespring nie.
Die dak van Kleine Pikkewyne-kleuterskool het heeltemal afgewaai.
Toe die personeellede op die perseel kom, was hulle stomgeslaan deur die skade wat aangerig is.
Raadslid Heinrich Hartnick wat naby die skool bly, was saam met nog 'n paar helpers op die toneel om te help opruim.
Op Slangrivier is 'n paar huise se dakke erg beskadig, veral die informele strukture.
Op die Witsand-pad het ses elektrisiteitspale omgewaai en is dit die oorsaak dat die toevoer in Witsand en Slangrivier, asook Joe Slovo Park en Diepkloof op Heidelberg steeds af is.
'Ons bring jou die nuutste Heidelberg, Hessequa nuus'