GOURITSMOND NUUS - Die Whale Rally wat twee weke gelede weer by Gouritsmond aangebied is, het talle motorfietsklubs uit die Tuinroete na die mooi kusdorpie gelok.
Bettie Moolman, een van die organiseerders, sê 525 mense het deur die hekke gegaan en dis veral die kosstalletjiehouers wat fluks sake gedoen het.
Die wenner van die R30 000-prys is André du Pont van Mosselbaai terwyl Brummer Marais en Jolanda Meier onderskeidelik as Mnr. en Mej. Whale aangewys is.
Lekker gesellig kuier die klomp om 'n tafel by die Whale Rally in Gouritsmond.
Onder die motorfiersryers was daar ook 'n paar wat met hul akrobatiese vermoëns beïndruk het.
Nou wat is enige saamtrek sonder ietsie op die kole en 'n kola in die hand.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’