Gallery
RIVERSDAL NUUS - Vreugde vieringe is Vrydag 20 April by die NG Kerk Riversdal-Wes se karnaval gevier.
Van basaarpoeding, pannekoek tot potjiekos was te koop gewees. Die ‘silwerjeug’ het gesorg dat elkeen se pannekoekbestelling netjies opgerol en gereed is.
Kinderpret het die jongspan vermaak terwyl Aletta Sutherland musiek gemaak het.
Hande was vinnig in die lug tydens die vleis- en wynveiling. Ds. Deon Beyers het almal bedank wat dié geleentheid bygewoon het.
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'