ALBERTINIA NUUS - 'n Suurlemoenboom wat drie verskillende vorms suurlemoene dra, is nie aldag te siene nie.
Maar in Cornelius Fortune en Jeanette Geswindt van Albertinia se tuin, is hierdie besondere boom te vinde.
Volgens Cornelius bly hulle al vier jaar in dié dorpie en het hy die suurlemoenplantjie saam vanaf Parow waar hy gebly het, gebring.
"Die boom het van die eerste jaar af al suurlemoene gedra en almal het dieselfde gelyk," vertel hy. "Dis die eerste jaar dat dit suurlemoene gedra het wat nie dieselfde lyk nie."
Boonop is die suurlemoen wat wel soos 'n gewone suurlemoen lyk, uitsonderlik groot.
Cornelius en Jeanette hou van tuinmaak en in die tuin is ook koejawels, papajas, pruime en grenadillas.
'Ons bring jou die nuutste Albertinia, Hessequa nuus'