HESSEQUA NUUS - Daar is verskeie maniere waarop wurms na die menslike liggaam oorgedra kan word waar dit manifesteer en van jou weefsel leef.
Dit kom meestal in die derm kanaal voor.
Voel jy altyd moeg, opgeblaas of verloor dalk gewig sonder rede? Jy kan moontlik met wurms besmet wees.
Ontwurming is nie net belangrik vir diere en kinders nie, maar volwassenes moet ook ten minste elke ses maande ’n ontwurmingsmiddel drink.
Dit is nie ’n skande om wurms te hê nie. Enige persoon kan wurm eiers of larwes inneem.
Dit is nie waar dat slegs mense wat ‘vuil leef’ dit kan kry nie.
Dit maak nie saak hoe skoon jy leef of hoe skoon jou huis en kombuis oppervlakte is nie, dit kan op verskeie maniere insluip.
Dit help egter om verspreiding te bekamp wanneer jy gereeld jou hande was en ’n meer higiëniese leefstyl na streef.
Die mees algemeenste is deur troeteldiere wat dit aan die mens oordra.
Daarom is dit so belangrik om jou hande te was nadat jy aan jou troeteldier gevat het en nie net voor jy eet nie. Baie verskillende soorte wurms kan in mense leef.
Wurms kan vir ’n tyd lank die gasheer lewe voordat enige simptome verskyn.
‘n Rondewurm.
Hoe word dit versprei of ingeneem?
- Om besmette vrugte, groente of rou vleis en vis te eet.
- Vrugte en groente met besmette water te was.
- Besmette water te drink.
- Om nie ordentlike hande te was na ’n besoek aan die toilet nie.
- Oordrag deur die lug wat ons inasem.
- Parasiete wat deur ander insekte soos vlooie, vlieë en muskiete oorgedra word.
- Kontak met besmette grond of sand.
- Kaalvoet op gras, strande, grond of ander besmette plekke te loop.
Wat is die simptome?
- Chroniese moegheid.
- Verlies aan aptyt en in sommige gevalle onversadig na ’n maaltyd.
- Wurms in stoelgang.
- Anus wat jeuk veral snags.
- Hardlywigheid, diarree of ander spysverteringsprobleme.
- Erge maagpyn.
Wat staan jou te doen:
- Ontwurm jou troeteldiere gereeld.
- Medikasie kan sonder voorskrif by ’n apteek bekom word.
- Was jou hande gereeld en deeglik.
- Moenie toelaat dat jou troeteldiere jou koppies, borde, messe of vurke lek of daaruit eet nie.
- Moenie dat jou huisdiere jou of jou kind in die gesig of mond lek nie.
- Maak seker dat jy jouself en gesin ten minste elke ses maande ontwurm.
'Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus'