Gallery
RIVERSDAL NUUS - Huis Wallace Anderson het Vrydag 25 November weer hul immergewilde kermis gehou.
Enigeen wat al voorheen by hul kermis was, weet dit dat een van die hoogtepunte van die jaar is met allerlei wat te koop aangebied word en natuurlik is daar ook altyd iets om aan te knibbel.
Soos verwag was die dag 'n groot sukses te danke aan almal se hulp, betrokkenheid en ondersteuning.
"Ons bedank graag 'n ieder en elk, hetsy helpers, borge, donateurs en ondersteuners, asook ons personeel vir hul harde werk aangesien hulle ons hande en voete is. Sonder julle onbaatsugtige diens sou ons nie 'n kermis kon hou nie," het W'anyah Brand namens Huis Wallace Anderson gesê.
"Hou solank julle kalender oop vir volgende jaar November se kermis."
FOTOGALERY: Immergewilde kermis by Huis Wallace Anderson
Vars vrugte en groente was volop.
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'