RIVERSDAL NUUS - ‘n Konstabel van Riversdal-polisie wat van diens was, het verlede Vrydag, 26 Augustus, ‘n verdagte in ‘n huisbraaksaak in hegtenis geneem.
Kst Caryn Hendricks het die verdagte herken wat by ‘n besigheidsperseel ingebreek het.
Hy het Maandag in die hof verskyn en bly in aanhouding tot 5 September, wanneer hy weer moet voorkom.
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'