Update
STILBAAI NUUS - Vrye Weekblad se tweede boekefees het die naweek van 24 tot 26 Februarie in Stilbaai plaasgevind en boekentoesiaste het van heinde en ver gestroom om dit by te woon.
Vrydagaand het Max Du Preez, dr Piet Croucamp, Annaliese Burgess(Vrye Weekblad) en Anastasia de Vries (Lektor by UWK)geworstel met die vraag: Hoe oorleef ons SA se donker uur?
Saterdagmiddag was die Baptiste saal stampvol toe Max du Preez met Jacques Pauw en Pieter du Toit gesels het oor wat oa by Eskom aan die gang is.
Dr Piet Croucamp gesels met iemand uit die gehoor
Max du Preez, Jacques Pauw (Our Poisoned Land) en Pieter du Toit (ANC Billionaires)
'Ons bring jou die nuutste Stilbaai, Hessequa nuus'