Video
RIVERSDAL NUUS & VIDEO - Grieta en Elzette de Jager van Riversdal het Sondag 10 Maart ‘n angswekkende ervaring gehad toe ‘n groot swart hond op hulle afstorm terwyl hulle met hul pommer-hondjie, Rosie, op die wandelpad naby Lapskuit, Stilbaai gestap het.
Hulle het van die rivier af met die paadjie na hul motor gestap toe die groot hond hulle bestorm.
Kyk 'n video hieronder:
‘n Groep mense wat besig met ‘n doopseremonie was, het hulle gehelp om in die motor te kom, maar selfs toe hulle wegry, het die groot hond hulle agternagesit en teen die voertuig opgespring.
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'