Here, my lewe is 'n klomp los weggooi-lappies wat geen doel dien nie,
nie sin maak nie en eenvoudig nie self heel kan wees nie.
Dankie dat U my voetstoots liefhet
dat U genade die stukkies van my lewe optel
en dit dan aanmekaar werk tot 'n betekenisvolle heelwees lewe
vir die grootsheid van U genade
ook ander toe te maak met die sagtheid van my laslappiehart