HEIDELBERG NUUS - ‘n Vrou van Heidelberg wat sedert 2012 verkeerdelik as gestorwene geklassifiseer is, sukkel nou al vir sewe jaar om van haar “spookstatus” ontslae te raak.
Maria September (57) van Diepkloof se ma het in 2012 gesterf.
Haar en haar ma se voorname, Maria Magdalena is presies dieselfde en sy vermoed dat dit die rede kan wees dat die fout ingesluip het.
Sy kan ook nie ‘n nuwe bankrekening oopmaak nie, maar haar werkgewer kon darem reël dat haar salaris in ‘n spesiale rekening inbetaal word.
'Ons bring jou die nuutste Heidelberg, Hessequa nuus'