MOSSELBAAI NUUS - ‘n Besoeker aan Delfino’s Restaurant op Mosselbaai, Marcia Kimpton het ‘n allemintige fooitjie van R94 000 gelos.
Kimpton ‘n Amerikaanse aktrise, het gister (Donderdag 11 November) middagete saam met ‘n groep mense by die restaurant geëet. Sy is tans in Suid-Afrika vir filmwerk.
Zathan McCarthy (21) het die tafel bedien.
“Sy het my gevra hoeveel sy my moet 'tip'," sê hy. "Ek het vir haar gesê net soveel soos sy op die hart het om vir my te gee.”
Zathan sê sy skryf toe ‘n fooi van R94 000 uit.
Sy vra my toe: 'I am going to bless you today. Will you be able to bless someone else?'”
"Ons besluit toe dat ons die fooi tussen die personeel wat saam met my aan diens was sal verdeel."
Zathan sê sy ouers het hom so grootgemaak om nie net na homself te kyk nie, maar na die mense om hom ook.
Die rekening waarop die fooi van R94 000 aangedui is.
LEES MEER OP ONS SUSTERSKOERANT, MOSSEL BAY ADVERTISER
'Ons bring jou die nuutste Tuinroete nuus'