HEIDELBERG NUUS - 'n 28-Jarige vrou is agter tralies op aanklag van aanranding met die opset om ernstig te beseer.
Sy het Saterdagaand, 15 Desember haar 52-jarige saamleefmaat na bewering ernstig met 'n skerp voorwerp aangerand in die nuwe Diepkloof-uitbreiding.
Die vrou is saam met haar suster deur die polisie op die toneel gearresteer, waarna die suster na ondervraging vrygelaat is.
Die beskuldigde het Dinsdag in die hof verskyn.
Die slagoffer was nog Maandagoggend in Riversdal-hospitaal.
'Ons bring jou die nuutste Heidelberg, Hessequa nuus'