HEIDELBERG NUUS - Heidelberg polisie is dringend op soek na inligting nadat ‘n vragmotorbestuurder Sondagaand, 15 Mei deur ‘n paar jong mans op die kruising van Port Beaufortstraat in Slangrivier aangerand is.
Volgens die polisie was die bestuurder op pad na die vragmotor waar dit parkeer was, toe een van die mans wat verby hom stap, hom met ‘n bottel oor die kop slaan.
Die vragmotor se seile is oopgesny en 90 bottels wyn ter waarde van ongeveer R10 000,00 gesteel is.
Enigiemand met inligting oor die betrokke voorval word versoek om die dienssentrum ( 028 722 8200), of Hendricks (079 893 9930) te skakel.
Alle inligting sal vertroulik hanteer word.
'Ons bring jou die nuutste Heidelberg, Hessequa nuus'