Update
RIVERSDAL NUUS - Daar was groot opgewondenheid onder die leerderraad van Voorwaarts Primêr toe hulle Sondagoggend, 1 Oktober, om 08:00 op die skoolbus geklim het vir hul week lange toer na Kaapstad.
Hul eerste besoek was aan die Taal-monument in die Paarl. In Kaapstad het hulle, onder andere, by die Kasteel, Kunstekaap, die akwarium by die Waterfront, die planetarium asook die hartmuseum en wetenskapsentrum besoek afgelê.
Die groep het ook 'n draai gaan maak by die SA Vloot in Simonstad om te loer wat als daar gebeur.
Maar vir die meeste was die hoogtepunt die sweefspoorrit na Tafelberg.
Die week is afgesluit met 'n besoek aan Monkey Town.
Dis Voorwaarts se sewende besoek aan Kaapstad en dis moontlik gemaak deur bydraes van ouers en donasies van besighede in die gemeenskap wat ook die T-hemde geborg het.
Die leerlinge is deur Hazel Steneberg (organiseerder) en die leerderraadkomitee van Petro Arendse, Corine Adams, Alistair Manho en Roger Brown vergesel.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’