Ds Deon Beyers het die diens waargeneem en sy boodskap het gehandel dat almal gebruik moet maak van elke geleentheid wat op hul pad kom.
Daarna het twee onderwysers, Diandra Oosthuizen en Jolandie Joseph, 'n liturgiese dansvertoning opgevoer.
Die leerders was baie verbaas dat hulle ook kon dans en mens kon behoorlik 'n spelt hoor val, so stil was dit in die nuutgeboude saal van die skool.
Die leerders van Voorwaarts Primêre skool luister aandagtig na die boodskap tydens die dankseggingsdiens. Foto's: Elize Blom.
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'