HESSEQUA NUUS - ’n Man wat volstruisvere ter waarde van derduisende rand op ’n plaas tussen Albertinia en Herbertsdale gesteel het, is vroeër vanjaar vasgetrek.
Drie klagte is teen hom gelê en hy is onlangs ’n vonnis van twee jaar op elke klag, in geheel opgeskort vir vyf jaar, ontvang. Hy moet ook kompensasie aan die klaer betaal en al die uitstaande rekeninge vir dienste aan die boer afskryf.
Volgens die boer het die man net ’n paar vere op ’n keer van sy slag- en broeivoëls gepluk terwyl hy besig was om met die volstruise te werk, en die boer het nie dadelik agtergekom hy word besteel nie.
Die man het ook mense betaal om in die nag vir hom volstruisvere te steel, en wanneer dit gebeur word die volstruise dikwels so verniel dat hulle vrek of vankant gemaak moet word.
• Lees meer in Suid-Kaap Forum en aanlyn.
'Ons bring jou die nuutste Hessequa nuus'