SUID-KAAP NUUS - Die volstruisbedryf is stadigaan besig om sy kop op te tel.
Volstruisboere is meer positief nadat die Europese Unie die verbod op die uitvoer van hitte-behandelde volstruisvleis opgehef het.
Die verbod is in April 2018 ingestel nadat bevind is dat residutoetse op volstruis- en wildsvleis nie na wense gedoen is nie. Die goeie nuus is vandeesweek deur Beverley Schäfer, Wes-Kaap minister van ekonomiese geleenthede, bekend gemaak.
Die EU is die grootste mark vir volstruisvleis waarvan die meeste in die Wes-Kaap produseer word.
Dié bedryf het buiten die verbod op uitvoere, ook gebuk gegaan onder droogte, hoër brandstof- en elektrisiteitspryse en duurder arbeid.
•Lees meer in die Suid-Kaap Forum en aanlyn.
'Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus'