RIVERSDAL NUUS - Leerders van Laerskool Volschenk het Donderdag 9 Junie fluks aan 'n muntlegging by dié skool deelgeneem vir die Droom-basaar wat op 24 Junie vanaf 10:00 tot 14:00 in die burgersentrum aangebied word.
Droom het in totaal R4 082.25 ingesamel.
Die gr. 7's het laaste aan die beurt gekom om hul muntstukke op die letter "droom" uit te pak.
Skoolhoof Louis Lategan vee die klomp muntstukke bymekaar terwyl Chris Veldsman (regs) van die Droom-projek met 'n skoppie hand bysit.
Heel agter (vierde van regs) staan Bea van der Linde (onderwyser), Chris en Melody Veldsman en Michelle Strydom, almal van die Droom-projek, asook Louis Lategan (skoolhoof). Foto's: Hugo Redelinghuys
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'