Van die 74 spesies wat in die sub-streek van Suider-Afrika aangetref word is 20 spesies inseketende en twee spesies vrugtevlermuise in die Rooi Data Lys vir bedreigde spesies gelys. Nege van dié is gelys as kritiek, wat beteken die spesies kan uitsterf.
Vlermuise word as Megavlermuise (megachiroptera) en Mikrovlermuise (microchiroptera) geklassifiseer.