Dit is die baie gewilde 4x4-projek op Vleesbaai. Altesaam 70 vierwielaangedrewe voertuie het Saterdag, 27 September die gure weer van die Suid-Kaap getrotseer en hul vaardighede op hierdie bekende en gewilde vierwielbaan ten toon gestel.
In die gemaklike atmosfeer van deelname om-te-geniet was dit Toyota, Isuzu, Land Rover, Volkswagen, Mitsubishi en Suzuki wat mekaar die stryd aangesê het. Uiteindelik was dit steeds die persoon agter die stuur wat sy vaardighede moes uitstal.
"Koos Scholtz en sy vrou, Petro, verdien lof vir hul organisasie, tesame met alle deelnemers van heinde en verre," het André Latsky, skoolhoof gesê. Die derde en laaste projek vir vanjaar is die Ondersteuners-wynveiling wat Dinsdag, 14 Oktober in George aangebied word.
Die 4x4's spook sake uit tussen die duinte te Vleesbaai.
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'