STILBAAI NUUS - Saterdagoggend, 26 Augustus, het soos 'n gewone dag in Melkhoutfontein begin toe daar skielik vlamme en groot swart rookwolke bokant die informele nedersetting uitgeborrel het.
Die Hessequa-brandweer was blitsvinnig op die toneel, maar kon nie verhoed dat drie informele strukture op een erf tot op die grond afbrand nie.
Hulle het egter seker gemaak dat die brand nie na ander strukture in die nedersetting versprei nie.
Die oorsaak van die brand is nie bekend nie, maar omstanders het bespiegel dat dit moontlik 'n gaslekkasie kon wees.
Daar was geen ernstige beserings in die voorval nie. Een persoon wat wou help het blykbaar geringe brandwonde opgedoen, maar is op die toneel behandel.
Nuuskieriges het naby die toneel saamgedrom en was klaarblyklik nie bekommerd dat gasbottels in die vuur kon ontplof en ernstige beserings tot gevolg kon hê nie.
Omstanders drom saam by die brand en kinders speel asof dit 'n gewone dag is.
Kinders speel asof dit 'n gewone dag is.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’