STILBAAI NUUS - Talle vakansiegangers en inwoners het Dinsdagoggend 20 Desember 2022 by die visvywers langs die hawe opgedaag om te help met die herstel daarvan.
Die klippe wat op mekaar gepak is om die vywers te vorm, spoel rond en daar is natuurlik ook onkundiges wat van hierdie klippe verwyder.
Daarom is dit noodsaaklik om ten minste elke 10 jaar onderhoud te doen om die viswywers te herstel.
Onder leiding van André Roux, een van 'n handjievol lewende kenners van visvywers, en Jean du Plessis van Cape Nature, is daar nie net gepak en gewoel nie, maar André het ook sy kennis met die helpers gedeel. Ander ouer inwoners het ook deurentyd staaltjies uit vervloë dae vertel.
'Ons bring jou die nuutste Stilbaai, Hessequa nuus'