HESSEQUA NUUS - Hoewel die vlak 4 inperking wat op 1 Mei in werking getree het die verslapping van sekere regulasies beteken, het nuwe beperkende regulasies addisioneel in werking getree.
Addisionele beperkings
- Gesigsmaskers is verpligtend as jy jou woning verlaat, selfs as jy oefen;
- ’n Aandklokreël tussen 20:00 en 05:00 word toegepas. Slegs werkers wat essensiële dienste lewer en persone met die nodige permitte mag buite hul huise gedurende hierdie tye wees;
- Reis tussen provinsies: ’n Eenmalige opsie is vanaf 1 tot 7 Mei beskikbaar om terug huis of werk toe te keer as jy tydens die inperkingsperiode in ’n ander provinsie was;
- Oefening (draf, stap en fietsry) word tussen 06:00 en 09:00 binne ’n radius van 5 km van jou woning af toegelaat (oefen op die strand uitgesluit);
- Wegneemetes word toegelaat, maar slegs vir aflewering;
- Uitvoergoedere mag na hawens vervoer word;
- Invoergoedere wat op vlak 4 toegelaat word, mag oor die land heen vervoer word.
Die volgende aktiwiteite word verbied
- Oor-en-weer kuiery;
- Verkope van alkohol en tabakprodukte;
- Strande, sportgronde, parke, openbare swembaddens, vlooimarkte, casino’s, nagklubs en teaters bly gesluit;
- Restaurante bly gesluit vir sit-en-eet (slegs aflewering van wegneemetes word toegelaat).
Inwoners word aangemoedig om tuis te bly en slegs vir noodgevalle en nie inkopies nie tussen distrikte te beweeg.
Biblioteke, swembaddens en oorde
Al Hessequa-munisipaliteit se biblioteke, swembaddens en oorde sal tydens vlak 4 gesluit bly. Inwoners wat biblioteekboeke in hul besit het, kan dit later terugbesorg. Geen boetes sal uitgereik word tydens vlak 5 en 4 inperking nie.
Strande
Al Hessequa-munisipaliteit se strande, sleephellings (slipways) en estuariums is steeds vir alle ontspanningsaktiwiteite, insluitend hengel en gebruik van bote vir rekreasie gesluit.
“Die munisipaliteit, in samewerking met die Suid-Afrikaanse Polisiediens en ander wetstoepassings instansies sal voortgaan om die nakoming van hierdie regulasies te monitor,” sê Johan Jacobs, munisipale bestuurder.
Dear reader, As your local news provider, we have the duty of keeping you factually informed on Covid-19 developments. As you may have noticed, mis- and disinformation (also known as “fake news”) is circulating online. Group Editors (publications and online platforms) is determined to filter through the masses of information doing the rounds and to separate truth from untruth in order to keep you adequately informed. Local newsrooms follow a strict pre-publication fact-checking protocol. A national task team has been established to assist in bringing you credible news reports on Covid-19.
'Ons bring jou die nuutste Hessequa nuus'