STILBAAI NUUS - Die munisipale kassier op Stilbaai het om 10:00 vanoggend, 19 Augustus vir die publiek heropen.
Volgens Hessequa-munisipaliteit sal die voertuigregistrasiefasiliteit egter as gevolg van ‘n Covid-19 voorval steeds tot verdere kennisgewing gesluit wees.
Hulle vra om verskoning vir enige ongerief en doen alles in hul vermoë om die diens so vinnig moontlik te herstel.
'Ons bring jou die nuutste Stilbaai, Hessequa nuus'