RIVERSDAL NUUS - Inwoners van Riversdal kan nou ’n WhatsApp-boodskap na Riversdal-hospitaal se apteek stuur as hulle enige vrae oor chroniese medikasie het.
77 mense het tot dusver die aanlynplatform gebruik vir vrae oor hul chroniese medikasie. Dit beteken korter wagtye vir pasiënte en ook minder reistyd.
Dit is te danke aan ’n slim WhatsApp-innovasie deur die apteekspan by Riversdal-hospitaal.
Die apteekspan is geloof vir hul innovasie by die Wes-Kaapse premier, Alan Winde, se Kultuur-en-Waardes-gesprek wat in Kaapstad gehou is.
Pasiënte moet net die woord "hello" na 064 936 3265 stuur en hulle kan dan hul vraag intik. Boodskappe sal binne 24 uur vanaf Maandag tot Vrydag beantwoord word.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’