HEIDELBERG NUUS - Alle jeugdiges van Heidelberg en Slangrivier wat aansoek gedoen het om by die polisie aan te sluit en wat SMS’e gekry het dat hulle Woensdag 15 November of Donderdag 16 November vir psigometriese toetse in Riversdal moet wees, kan met die plaaslike dienssentrum kontak maak indien hulle nie hul eie vervoer het nie.
Kontak kapt. Mbiyo of Janine Jacobs by die plaaslike polisiestasie, verkieslik vandag (Dinsdag 14 November) om vervoerreëlings na Riversdal te tref.
Alternatiewelik kan hulle dié kontaknommer 028 722 8212 bel.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’