RIVERSDAL NUUS - ’n Siberian Husky is Sondag 4 Maart by die Engen vulstasie opgelaai, omdat dit voor motors ingeloop het op die N2.
Sandra Lotz (voorsitter van CARS) het gesê: “Omdat CARS nie hul eie hondehokke het waar die honde gehou kan word nie, is hy na Lentelus Kennels in Albertinia geneem.”
Eienaars moet bewys van eienaarskap kan toon en die koste vir die huisvesting betaal.
Volgens Lotz moet die hond gekastreer word en die eienaars sal vir die rekening verantwoordelik wees. Sy voeg by: “Dit is duidelik dat hierdie hond vasgemaak was en dit sal nie weer gebeur nie.” Indien die eienaars nie uit kom nie sal die hond opgegee word vir aanneming.
Vir meer inligting skakel Sandra Lotz by: 082 962 1831.
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'