STILBAAI NUUS - ‘n 1994 Toyota Hilux 2.4 diesel met registrasienommer CCC 4501 wat in Stilbaai op Sondag 27 Mei gesteel was, is deur kameras by Alexandrie (Oos Kaap) opgemerk.
Port Alfred-polisie het die bakkie in ‘n voertuigbeheerpunt afgetrek, maar die twee verdagtes het die bosse ingevlug.
‘n Honde-eenheid is besig met bosdeursoeking. Die gemeenskap word versoek om nie die verdagtes te konfronteer indien hul opgemerk word nie.
Enigiemand met meer inligting kan George-polisie skakel by 044 803 4733.
'Ons bring jou die nuutste Stilbaai, Hessequa nuus'