HESSEQUA NUUS - ‘n Verdagte is vanoggend, Maandag 22 November op die N2 by die Stilbaai-afdraai in hegtenis geneem na 33.6 gram tik in sy besit gevind is.
Die optrede volg nadat lede van die Garden Route Blitspatrollie inligting vanuit die gemeenskap ontvang het wat hulle opgevolg het.
Lede van die provinsiale verkeer van Mosselbaai, asook AfriForum Albertinia-plaaswag het die blitspatrollie bygestaan.
Die verdagte sal môre in die hof verskyn.
'Ons bring jou die nuutste Hessequa nuus'