RIVERSDAL NUUS - ACVV Riversdal benodig dringend gemeenskapslede wat bereid is om as veiligheids- en pleegouers te dien.
Veiligheidsouers word benodig vir kinders wat dringende en onmiddellike sorg en beskerming nodig het, wat uit die sorg van ouers of huidige versorgers verwyder is.
'n Veiligheidsplasing is geldig vir 90 dae (drie maande), 'n tydperk waarin die ouers se omstandighede ondersoek word om sodoende te besluit of dit in die beste belang van die kind sal wees om óf die kind terug te plaas, óf in pleegsorg te plaas.
Lede van die gemeenskap woonagtig te Aalwyn Fleur, Riverville, Progress (ook bekend as Murder City) en die middedorp word gevra om hulself beskikbaar te stel vir hierdie barmhartigheidstaak.
Vir meer inligting kan belangstellendes met Nicolé Boshoff-Booysen, maatskaplike hulpwerker, in verbinding tree.
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'