RIVERSDAL NUUS - Rachel Robertson het op 26 September haar 96ste verjaarsdag gevier.
Sy voltooi haar onderwysopleiding aan die 'Zonnebloem Teacher training College' in Kaapstad.
Sy tree met Samuel Robertson, eertydse skoolhoof van Soetbattersvlakte EK skool in die huwelik en die egpaar het een dogter.
Robertson, wat ook op die Kaapse vlakte skoolgehou het, beskou 1947 as 'n hoogtepunt van haar onderwysloopbaan.
Die wit trein met die Britse koningsgesin het op 22 Februarie daardie jaar die dorp tydens hul toer in die Unie besoek.
Haar leerders het 'n erewag op die perron gevorm, vir die gesin gesing en die St. Andrew's kerk blaasorkes het die musiek verskaf.
Sy geniet nog goeie gesondheid en is 'n trotse lid van Anglican Women Fellowship. 'n Onthaal is op die plaas Zeekoegat (1769) gehou met David en Sal Carter as gasheer en -vrou.
ARTIKEL EN FOTO: KEITH EKSTEEN, SUID-KAAP FORUM KORRESPONDENT
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'