STILBAAI NUUSFLITS - Drie van die mak varswaterpalings wat al vir dekades in die varswaterfontein by Palinggat-opstal bly, is die afgelope week deur vermoedelik ‘n otter, doodgebyt.
Maandag- 19 en Woensdagaand 21 Maart het ‘n paling in die slag gebly, terwyl ‘n inwoner die vorige week óók ‘n dooie paling wat halfpad geëet was, verder af in die varswaterstroom by die
toerismeburo gesien het.
Volgens Hannetjie Ferguson wat die palings die afgelope amper 24 jaar daagliks voer, wou hulle reeds vanaf die vorige week nie uitkom om gevoer te word nie.
Die paling wat Maandag leweloos gevind is, is in die gesig gebyt terwyl daar ook naelkrapmerke op sy lyf was.
Jean du Plessis van natuurbewaring het Dinsdsag twee hokke by die palinggat opgerig, waarvan die een binne en die ander buite die huidige omheining is. Hy het die mis van die dier wat moontlik verwantwoordelik is, as dié van ‘n otter geïdentifiseer.
Lees 'n vorige artikel: Voer 'n paling by Museum
Lees meer in Donderdag se Suid-Kaap Forum, asook aanlyn.
ARTIKEL EN FOTO: ELZA THIART-BOTES, SUID-KAAP FORUM KORRESPONDENT
'Ons bring jou die nuutste Stilbaai, Hessequa nuus'