RIVERSDAL NUUS - Vandale het weereens op dié dorp toegeslaan.
'n Inwoner het foto's van die monument in Jurichpark wat met verf en merkpen toegetakel is, aan Suid-Kaap Forum verskaf.
Die motief vir die vandalisme is nie in hierdie stadium bekend nie en die vermoede bestaan dat dit kinders se handewerk is.
Enigiemand met inligting moet die plaaslike polisie by 028 713 8500 of hul buurtwag kontak.
Vandale het met 'n merkpen name oral geskryf.
Inskripsies is met verf besmeer.
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'