Gallery
RIVERSDAL NUUS - Dertig lede van die Riversdal-tuinbouklub het mooi tuine op Swellendam op 13 Junie besoek.
Hulle het by vyf plekke aangegaan en was in ekstase oor die pragtuine in die skadu van die Langeberge.
Die eerste besoek was by die koffieplek by Buffeljagsrivier en die kwekery oorkant die pad. Daarna het hulle twee privaat tuine in die dorp besoek, voor hulle na die bekende feetjietuin toe is.
Hulle het middagete by Jan Harmsgat se Just Amy-restaurant, wat aan Amy Kleinhans, eertydse Mej. SA behoort, geniet.
Hulle het die dag met ’n besoek aan die Rooiklip-kwekery met sy asemrowende aalwyne en vetplante afgesluit.
Groepfoto van die lede wat die uitstappie meegemaak het by die Rooiklip-kwekery.
• Lees meer in Suid-Kaap Forum en aanlyn.
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'