STILBAAI NUUS - Die toevlugsentrum vir alkohol- en dwelmafhanklikheid wat verlede jaar in November onder Badisa Stilbaai tot stand gekom het, is besig om vinnig uit te brei.
‘n Totaal van 18 pasiënte het die program reeds suksesvol voltooi, met 20 pasiënte wat die derde program begin het wat tans in proses is.
Aangesien net ongeveer 36% van hulle begroting uit staatsubsidies bestaan, is die organisasie grootliks van donasies en skenkings uit die gemeenskap afhanklik, wat met ‘n oop hand gee.
Die sukses van die program het daartoe gelei dat Badisa hoofkantoor twee afsonderlike posisies vir die toevlugsentrum beskikbaar gestel het. Aansoeke vir ‘n maatskaplike werker en hulpwerker word tans ingewag.
Enige persoon wat as vrywilliger by Badisa Stilbaai betrokke wil raak, kan die kantoor kontak (028 754 2203) of die webtuiste www.badisastilbaai.org.za besoek.
'Ons bring jou die nuutste Stilbaai, Hessequa nuus'