Update
RIVERSDAL NUUS - Met die ontwikkeling van die derde vlaag van die Covid 19-pandemie en die toenemende positiewe gevalle in die Hessequa-streek word toegang tot Riversdal se Droom-tehuise streng beheer.
"Gesondheidwerkers en personeel wat simptome toon, word aangeraai om tuis te bly," verseker sr Linda Botha, hoofverpleegkundige.
Die tweede sarsie inentings van die Pfizer-entstof vind van 13 tot 15 Julie vanjaar plaas. "Die tehuise Ou Meule en Jan Lange se inwoners bly ingeperk en mag slegs besoekers met 'n afspraak ontvang. Net die woonstel-inwoners mag kom en gaan soos hulle wil."
Besoektye:
10:00 tot 12:00; 15:00 tot 16:00 en 17:00 tot 17:30.
Slegs halfuurbesoeke word toegelaat omdat die kuierruimte beperk is.
Bedlêende inwoners mag nie besoekers ontvang nie. Die woonstel-inwoners mag ook nie by die bejaardes in Ou Meule besoek aflê nie.
"Ons tree voorkomend op, al is die meeste mense daar ingeënt. Ongelukkig is die inenting nog nie heeltemal doeltreffend nie, veral in die geval met die Pfizer-entstof wat 'n opvolgdosis nodig verg."
Sy sê al het Riversdal nog nie baie positiewe gevalle nie, sal die duur van die inperking afhang van die aantal toenemende gevalle in die Hessequa-streek, die Wes-Kaap en die ganse land. Indien die gevalle in ons omgewing wel toeneem, bestaan die moontlikheid dat die woonstel-inwoners ook ingeperk sal word.
Vorige artikel: Tehuise streng beheer
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'