HESSEQUA NUUS - Kinders van die NG Kerk in Albertinia is fluks besig om teddiebere in te samel vir kinders in Turkye en Sirië wat alles in 'n aardbewing verloor het.
Die doelwit is om 100 000 teddiebere in die begin van April na die kinders te stuur.
Hulle daag alle hoërskole, laerskole, universiteite, kerke se jeuggroepe regoor Suid-Afrika uit om deel te neem en soveel as moontlik splinternuwe teddiebere in te samel wat vir hulle gestuur sal word.
Die teddiebere moet tussen 15 en 30 cm groot wees en moet nie enige tipe diere soos byvoorbeeld leeus wees nie.
Vir meer inligting skakel die organiseerder, Elriza Coetzee, by 064 379 3024 of besoek die Facebook-blad, Teddies for Turkey with love from SA.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’