Video
HEIDELBERG NUUS EN VIDEO - Eerwaarde June Dolley-Major, ’n priester van die Anglikaanse Kerk wat glo ’n slagoffer van seksuele aanranding deur ’n kollega ongeveer 18 jaar gelede was, is sedertdien ’n kampvegter vir die beskerming van vroue en kinders se regte om behoorlike erkenning te geniet.
Sy het besluit om ‘n 902,8 km staptog vanaf Kaapstad na Mkhanda (voorheen Grahamstad) aan te pak om bewusmaking aan te wakker.
Die staptog is Maandag, 20 September deur Dolley-Major en haar stapmaat, Celesthea Pierang, Collette en Sherman Scott vanaf Sir Lowryspas aangepak.
Kyk 'n video hieronder:
'Ons bring jou die nuutste Heidelberg, Hessequa nuus'