Update
RIVERSDAL NUUS - 'n Groot gedeelte van 'n boom het op 'n motor, wat voor die plaaslike burgersentrum parkeer was geval en groot skade aangerig.
Die eienaar van die motor het gesê: "Ek was in die bank om geld in te betaal vir die kar se waterpomp wat ek bestel het.
"Ons het in die kar gesit en net voordat ons wou ry het die tak op die kar geval.
"Ons het eers gedink dit is 'n boom wat omgeval het. Ek het baie groot geskrik en is ongelukkig oor my kar wat so beskadig is."
Die eienaar het die saak by die polisie gaan aangee.
Hessequa munisipale amptenare was hulpvaardig met die verwydering van die boomtak en blyk dat die boomtak weens ouderdom afgebreek het.
Volgens die munisipaliteit is geen nalatigheid van die munisipaliteit ter sprake nie.
Die skade van naderby.
Lees 'n verwante artikel: Boom rig groot skade aan motor
ARTIKEL & FOTO: SAN-MARIÉ CRONJÉ
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'