Gallery
STILBAAI NUUS - Twee susters het 14 jaar gelede besluit die bourommel bestrooide sypaadjie aan die oorkant van hulle wonings in Nerinasingel, Stilbaai moet verfraai word.
Toestemming is van Hessequa-munisipaliteit verkry en Lenie en Chris Lezar, asook Louise en Danie van Staden het dadelik aan die werk gespring.
Sedertien onderhou hulle hierdie pragtige sypaadjietuin en van tyd tot tyd kom daar nog ietsie nuuts by.
Fotogalery: Sypaadjie in Nerinasingel word verfraai
‘n Paar jaar gelede het die Stilbaai-sakekamer hulle met die Bosbok toekenning vereer vir die verfraaiing van die sypaadjie, tot voordeel van die hele gemeenskap.
Foto's: Johan Victor
'Ons bring jou die nuutste Stilbaai, Hessequa nuus'